Jakob het van die stad Berseba na die stad Haran gegaan. Toe die son ondergegaan het, het hy by 'n plek gekom waar hy die nag kon slaap. Hy het 'n klip onder sy kop gesit en hy het aan die slaap geraak. Hy het gedroom dat daar 'n leer op die aarde staan, en die boonste punt van die leer is in die hemel. Die engele van God het op en af geklim teen die leer. Toe kom staan die Here by hom en Hy sê vir Jakob: “Ek is die Here, die God van jou oupa Abraham en die God van jou pa Isak. Hierdie land waar jy nou is, sal Ek vir jou en jou nageslag gee. Jou nageslag sal so baie wees soos die stof van die aarde, en jy sal nog meer grond kry, na die weste, na die ooste, na die noorde en na die suide. Al die volke van die aarde sal My vra om hulle te seën soos Ek jou en jou nageslag sal seën. Ek sal by jou wees en Ek sal jou beskerm op elke plek waar jy gaan en Ek sal jou terugbring na hierdie land. Ek sal jou nooit los nie totdat Ek gedoen het wat Ek vir jou belowe het. Dit is seker.” Toe Jakob wakker word, sê hy: “Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie geweet nie.” Hy het bang geword en gesê: “Hierdie plek laat my bang word. Dit is die huis van God, dit weet ek nou, dit is die poort van die hemel.” Toe Jakob die oggend vroeg opstaan, neem hy die klip wat onder sy kop was, en hy sit dit regop sodat dit 'n gedenksteen kan wees. Hy het toe olyf-olie op die klip uitgegooi en hy het die plek Bet-El genoem. Die plek se naam was voorheen Lus. Jakob het belowe en gesê: “God sal my God wees as Hy by my sal wees en my sal beskerm op hierdie pad waar ek gaan loop. Hy sal my God wees as Hy vir my kos en klere sal gee
Lees Genesis 28
Deel
Vergelyk alle weergawes: Genesis 28:10-20
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's