Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 28:10

Wees Stil: 'n Eenvoudige Gids Vir Stiltetyd
5 Dae
Wees stil. Vir sommiges is hierdie twee eenvoudige woorde 'n welkome uitnodiging om briek aan te draai. Vir ander voel hierdie woorde onmoontlik, buite bereik in 'n wêreld waar dit voel of die geraas om ons elke dag al meer word of bloot net te moeilik om dit vol te hou. Brian Heasley wys ons hoe dit nie nodig is om fisies staties te wees vir ons harte om stil te wees nie en hoe ons in ons gejaagde, besige lewe kwaliteit stiltetyd met God kan hê.

Uit Die Beek 2020
7 dae
Uit die Beek se tekskeuse vir elke dag is grootliks op die "Revised Common Lectionary" gebaseer. Dit maak hierdie dagboek geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag jy die Here leer ken soos Hy werklik is.

Om in Stilte te Sit: Sewe Dae om op God se Beloftes te Wag
7 Dae
Soms het ons 'n belofte van God ontvang, maar ons sien nie hoe hierdie belofte in ons lewens 'n werklikheid word nie. Of soms bereik ons 'n kruispad, en maak op God staat om rigting aan ons lewens te gee, maar al wat ons hoor, is stilte. Hierdie 7-dag leesplan sal tot jou hart praat hoe om binne die wil van God vorentoe te beweeg, selfs wanneer God oënskynlik stil is.

Gesprekke Met God
12 Dae
Gesprekke Met God laat jou toe om dieper te delf en praktiese maniere te ontdek om God se stem te hoor, sodat jy 'n intieme gebedslewe met Hom kan hê. God wil hê dat ons die gereelde gesprekke met Hom lewenslank sal geniet — 'n gesprek wat 'n verskil sal maak in ons rigting, verhoudings en doel op aarde. Hierdie leesplan is vol openhartige, persoonlike stories oor die hart van God wat na ons uitreik. Hy het ons lief!