Genesis 25:20-24

Genesis 25:20-24 ABA

Toe Isak 40 jaar oud was, het hy getrou met Rebekka, die dogter van Betuel, 'n Arameër uit Paddan-Aram. Sy was die suster van Laban die Arameër. Isak het tot die Here gebid oor sy vrou, want sy kon nie kinders kry nie. Die Here het geluister na sy gebed, en sy vrou Rebekka het swanger geword. Die kinders in haar het baie teen mekaar geskop, en sy het gesê: “Hoekom skop die kinders so?” Sy het gaan bid en vir die Here gevra hoekom dit gebeur. Die Here het vir haar gesê: “Die twee kinders in jou sal mekaar se vyande word. Hulle sal twee volke word. Die een volk sal sterker wees as die ander volk, en die oudste sal die jongste dien.” Toe die kinders gebore is, was dit 'n tweeling.

Video vir Genesis 25:20-24