Genesis 1:1-3

Genesis 1:1-3 ABA

Alles het begin toe God die hemel en die aarde gemaak het. Daar was niks op die aarde nie, niemand kon daar woon nie. Daar was net 'n groot see, en dit was baie donker. Die Gees van God het oor die water beweeg soos 'n sterk wind. God het gesê: “Daar moet lig wees.” En toe was daar lig.

Video for Genesis 1:1-3