Esegiël 36:26-28

Esegiël 36:26-28 ABA

Ek sal vir julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee. Ek sal die harde klip-hart uithaal uit julle liggame en Ek sal vir julle 'n sagte hart van vleis gee. Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal julle laat lewe soos Ek wil hê, Ek sal julle laat doen wat Ek sê. Julle sal woon in die land wat Ek vir julle voorvaders gegee het. Julle sal my volk wees, en Ek sal julle God wees.