Daarom sal Ek elkeen van julle oordeel oor wat hy gedoen het. Julle moet julle lewe verander en julle moet ophou om opstandig te wees. As julle dit nie doen nie, dan sal julle sonde soos 'n klip wees, en julle sal daaroor val.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. Julle moet ophou om opstandig te wees, julle moet 'n nuwe hart en 'n nuwe gees kry. Mense van Israel, hoekom wil julle sterf? Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek wil nie hê dat mense moet sterf nie, Ek wil hê hulle moet hulle lewe verander sodat hulle kan aanhou lewe.”
Lees Esegiël 18
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Esegiël 18:30-32
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's