Moses het alles gedoen, presies soos die Here vir hom gesê het. Hulle het die tempel-tent opgeslaan op die eerste dag van die eerste maand van die tweede jaar nadat die Israeliete uit Egipte weggegaan het. Moses het die tempel-tent opgeslaan: Hy het die voetstukke neergesit, die rame en die pale regop gesit en die dwarspale vasgemaak. Hy het die seil oor die tempel-tent gesit en hy het die ander seil bo-oor gesit. Dit was soos die Here vir Moses gesê het. Hy het die tien gebooie geneem en hy het dit in die kis gesit. Hy het die dra-pale deur die ringe gesteek en hy het die deksel op die kis gesit. Toe het Moses die kis in die tempel-tent gebring en die gordyn opgehang. Die kis waarin die tien gebooie is, was toe agter die gordyn. Dit was soos die Here vir Moses gesê het. Moses het die tafel gesit in die tent waar die Here aan hulle verskyn. Die tafel was in die noordekant van die tempel-tent voor die gordyn. Hy het toe die offer-brood daarop neergesit voor die Here, soos die Here vir hom gesê het. Moses het die lampstaander neergesit in die tent waar die Here aan hulle verskyn, by die tafel, in die suidekant van die tempel-tent. Toe het hy die lampe aangesteek voor die Here, soos die Here vir hom gesê het. Hy het die goue wierook-altaar neergesit in die tent waar die Here aan hulle verskyn. Die altaar was voor die gordyn. Toe het hy die wierook op die altaar aan die brand gesteek, soos die Here vir hom gesê het. Hy het die gordyn in die ingang van die tempel-tent opgehang. Hy het die brandoffer-altaar neergesit by die ingang van die tempel-tent, die tent waar die Here aan hulle verskyn. Moses het op die altaar brand-offers en koring-offers gebring, soos die Here vir hom gesê het.
Lees Eksodus 40
Deel
Vergelyk alle weergawes: Eksodus 40:16-29
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's