Eksodus 33:18-23

Eksodus 33:18-23 ABA

Toe sê Moses: “Ek wil U asseblief sien wanneer U, die Koning, verskyn.” Maar die Here het gesê: “Dit sal blink as Ek voor jou verbygaan en Ek sal my Naam ‘die Here’ hard sê sodat jy dit hoor. Ek besluit self vir wie Ek genadig en goed wil wees. Maar jy mag nie my gesig sien nie, want as iemand My sien, dan sal hy sterf.” Die Here het ook gesê: “Hier is 'n plek by My waar jy op 'n rots kan staan. Wanneer die lig verbykom, die lig wat om My, die Koning, is wanneer Ek verskyn, dan sal Ek jou in 'n skeur in die rots sit en jou met my hand toemaak totdat Ek verby is. Dan sal Ek my hand wegneem, en jy sal my rug sien, maar nie my gesig nie. Niemand mag my gesig sien nie.”

Video vir Eksodus 33:18-23