Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet 'n kis van doringhout maak. Dit moet twee en 'n halwe el lank, een en 'n halwe el breed en een en 'n halwe el hoog wees. Julle moet dit oortrek met skoon goud, binne en buite, en julle moet dan 'n rand van goud rondom die kis se kante sit. Julle moet vier goue ringe maak en julle moet dit vassit aan die onderste vier hoeke van die kis. Daar moet twee ringe aan die een kant wees en twee ringe aan die ander kant. Julle moet doringhout neem en julle moet dra-pale maak om die kis te dra. Julle moet die dra-pale ook oortrek met goud. Julle moet die dra-pale deur die ringe steek wat aan die kante van die kis is. Dan moet julle die kis met die dra-pale dra. Die dra-pale moet altyd in die ringe van die kis bly. Julle mag die pale nooit uit die ringe uithaal nie. Ek sal vir julle die tien gebooie gee. Julle moet dit in die kis sit. Julle moet 'n deksel van skoon goud maak. Dit moet twee en 'n halwe el lank en een en 'n halwe el breed wees. Dan moet julle twee gerubs van goud maak. Julle moet die gerubs op die twee kante van die deksel sit. Die een gerub moet op die een kant van die deksel wees en die ander gerub op die ander kant. Die gerubs en die deksel moet een stuk goud wees. Die gerubs se vlerke moet oop wees sodat hulle vlerke die deksel toemaak. Hulle gesigte moet na mekaar toe wees en hulle moet na die deksel kyk. In die kis moet julle die tien gebooie sit wat Ek vir julle sal gee, en julle moet die deksel op die kis sit. As Ek vir jou iets wil sê, dan sal Ek hier aan jou verskyn. Ek sal bokant die deksel wees, tussen die twee gerubs wat op die kis is waarin die tien gebooie is. Ek sal daar met jou praat en vir jou alles sê wat jy vir die Israeliete moet sê.”
Lees Eksodus 25
Deel
Vergelyk alle weergawes: Eksodus 25:10-22
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's