want die man is die hoof van sy vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Die kerk is Christus se liggaam en Hy het die kerk gered. Maar die kerk dien vir Christus, en so moet die vroue ook altyd hulle mans dien. Mans, julle moet lief wees vir julle vroue, soos Christus lief is vir die kerk. Christus het gesterf sodat die kerk kan lewe. Hy het gesterf sodat die kerk, die gelowiges, aan God kan behoort. Nou is hulle rein, want hulle is gedoop en Christus het gesê hulle behoort aan Hom. Christus het gesterf sodat die kerk sy bruid kan wees, 'n bruid wat baie mooi is. Christus wou hê die gelowiges moet niks sonde doen nie en hulle moet heeltemal reg lewe. Die mans moet so lief wees vir hulle vroue, so lief soos Christus vir die kerk is. Ja, die mans moet lief wees vir hulle vroue, so lief soos hulle vir hulleself is. As mans lief is vir hulle vroue, dan is hulle ook lief vir hulleself. Mense is altyd lief vir hulleself en hulle sorg goed vir hulle eie liggame. Christus sorg ook so vir sy liggaam, die kerk, en ons behoort almal aan die kerk, sy liggaam. In die Ou Testament is geskryf: Daarom sal 'n man weggaan van sy pa en sy ma en hy sal saam met sy vrou lewe. Hulle twee sal soos een mens wees. Dit is baie moeilik om te verstaan hoe 'n man en 'n vrou een kan wees. Ek sê dit is net so moeilik om te verstaan hoe Christus en die kerk een is. Ek sê weer, elke man moet lief wees vir sy vrou, so lief soos hy vir homself is. En elke vrou moet haar man respekteer.
Lees Efesiërs 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: Efesiërs 5:23-33
3 Days
Have you ever considered marriage? Have you ever wondered if your relationship is what God wants? Have you ever felt that singleness is just a last resort? Read on to find out what the Bible has to say about these important life stages.
5 Days
By focusing on our marriage within the context of Scripture, we give God the opportunity to reveal new insights about our relationship and strengthen our bond. This Plan features a focused passage of Scripture and quick thoughts each day to initiate discussion and prayer with your spouse. This five-day plan is a short-term commitment to help you invest in your lifelong relationship. For more content, check out finds.life.church
God doesn't hate dating, but He does have an opinion on relationships. He doesn’t hate dating apps, but He does want you to be wise in how you go about finding love. Explore what God thinks about where you date, who you date, how you date, and what you do on dates to ensure you’re ready to date for the right reasons in a way that honors and glorifies God.
5 dae
God wil hê jy en jou huweliksmaat moet ’n wonderlike, vervullende huwelik hê – om beste maats, passievolle liefdesmaats en geestelike sielsmaats te wees. Twyfel jy of so ’n huwelik selfs moontlik is? God verseker ons dit is moontlik! Dít was sy ontwerp. In hierdie 5-dag leesplan kyk Chip Ingram na Efesiërs 5 en deel hoe paartjies die vervulling waarna ons almal smag, kan vind.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's