Efesiërs 5:1-13

Efesiërs 5:1-13 ABA

Ja, julle moet doen soos God doen, want julle is sy kinders, Hy is lief vir julle. Julle moet altyd lief wees vir ander mense, soos Christus lief was vir ons. Hy het gesterf sodat ons kan lewe. Hy was 'n offer vir God, 'n offer waarvan God gehou het. Julle moenie onsedelik lewe en ander slegte dinge doen nie. Julle moenie altyd meer en meer goed vir julleself wil hê nie. Julle behoort aan God, en almal moet weet dat julle nooit hierdie dinge doen nie. Julle moenie lelike en dom dinge sê en slegte dinge oor ander mense sê nie. Mense wat aan Christus behoort, doen nie dit nie. Wanneer julle praat, dan moet dit net wees om vir God dankie te sê. Julle moet dit weet: Mense wat onsedelik lewe of wat so lewe dat hulle onrein is, sal nie die ware lewe kry daar waar Christus en God Koning is nie, ook nie die mense wat altyd meer goed wil hê nie, want dan is hulle goed hulle afgode. Daar is mense wat vir julle dinge wil leer wat nie waar is nie, hulle wil hê julle moet verkeerd doen. Julle moenie doen wat hulle sê nie, want mense wat hierdie slegte dinge doen, is nie gehoorsaam aan God nie en daarom sal God hulle straf. Daarom moet julle nie saam met hulle slegte dinge doen nie. Voorheen was julle soos mense wat in die donker lewe, maar nou behoort julle aan die Here en nou is julle in die lig. Daarom moet julle lewe soos mense wat in die lig lewe. Julle moet die dinge doen wat mense doen wat in die lig lewe, julle moet goeie dinge doen, dinge wat reg is, julle moet eerlik wees. Julle moet uitvind waarvan die Here hou en julle moet dit doen. Julle moenie die dinge doen wat die mense doen wat in die donker lewe nie. Hulle doen dinge wat nie goed is nie. Julle moet vir hulle almal sê dat hulle dinge doen wat verkeerd is. Hulle doen baie slegte dinge in die geheim, dit is so sleg dat 'n mens nie daaroor wil praat nie. Wanneer die lig op daardie dinge skyn, dan wys dit vir almal hoe daardie dinge is.