Die Here het sy volk in die woestyn gekry, in 'n wilde wêreld waar niemand woon nie. Hy beskerm sy volk en Hy sorg vir hulle, Hy pas hulle op soos 'n mens sy oog oppas. 'n Arend stoot sy kleintjies uit die nes en hy vlieg bokant hulle, hy maak sy vlerke oop en vang die kleintjies en dra hulle op sy vlerke. So lei die Here sy volk, Hy alleen doen dit, daar is nie 'n ander god by Hom nie. Hy het hierdie land vir sy volk gegee om dit te vat. Hulle kon die koring eet wat op die lande groei, hulle kon heuning uithaal uit die byneste in die rotse, hulle kon die olyf-olie kry van die olyfbome tussen die klippe. Hulle het melk gekry van beeste, skape en bokke, hulle het vet vleis gekry van skaap-lammers en skaap-ramme, en vleis van bokke en beeste uit die land Basan. Hulle het die beste koring geëet en die beste rooi wyn gedrink.
Lees Deuteronomium 32
Deel
Vergelyk alle weergawes: Deuteronomium 32:10-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's