Deuteronomium 30:19-20

Deuteronomium 30:19-20 ABA

Ek roep vandag die hemel en die aarde om getuies te wees teen julle. Ek het vir julle gesê wat julle moet doen as julle wil lewe, ek het ook gesê wat julle moet doen as julle wil sterf. Ek het vir julle gesê hoe die Here julle sal seën, en ek het ook gesê hoe Hy julle sal vervloek. Julle moet kies om te lewe, julle en julle nageslag moet dit kies. Julle moet kies om lief te wees vir julle God die Here, om gehoorsaam te wees aan Hom, om altyd naby Hom te wees, want dan sal julle aanhou lewe en dan sal julle lank woon in die land wat die Here belowe het om vir julle voorvaders te gee, vir Abraham, vir Isak en vir Jakob.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid