Kolossense 3:5-8

Kolossense 3:5-8 ABA

Julle moet ophou om slegte dinge te doen, die dinge wat sondige mense graag doen. Julle moenie onsedelik lewe nie, julle moenie slegte dinge doen of dink of wil hê nie. Julle moenie altyd meer en meer goed wil hê nie, want dan word julle goed vir julle 'n afgod. Mense wat hierdie slegte dinge doen, is nie gehoorsaam aan God nie en daarom sal God hulle straf. Julle het ook voorheen daardie slegte dinge gedoen en julle het gelewe soos daardie mense. Maar nou moet julle nie meer daardie slegte dinge doen nie. Julle moenie kwaad word en dan verkeerde dinge sê of doen nie. Julle moenie lelike dinge teen ander mense sê nie. Julle moenie dinge sê wat ander mense seermaak nie.