Toe hulle by Paulus kom, het hy vir hulle gesê: “Julle weet wat ek alles gedoen het, die hele tyd van die eerste dag af toe ek in die provinsie Asië gekom het. Julle weet dat ek die Here gedien het, dat ek baie nederig was, dat ek baie gehuil het en dat ek baie swaar gekry het omdat die Jode geheime planne gemaak het om my dood te maak. Julle weet dat ek altyd dinge gedoen het wat vir julle gehelp het. Ek het vir julle vertel van God se boodskap en ek het vir julle geleer, ek het dit gedoen waar almal dit kon sien en ek het dit ook in julle huise gedoen. Julle weet dat ek ernstig gepraat het met Jode en ook met Grieke. Ek het vir hulle gesê hulle moet verander en hulle moet lewe soos God wil hê. En ek het vir hulle gesê hulle moet glo in ons Here Jesus.
Lees Handelinge 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: Handelinge 20:18-21
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's