Gratis leesplanne en oordenkings oor HANDELINGE 20:18

Vernietig Kriptoniet (Saam Met John Bevere)
7 Dae
Net soos Superman elkeen van sy vyande kan verslaan, so het jy as 'n Christen ook die bonatuurlike vermoë om enige uitdaging te bowe te kom. Die probleem vir beide jou en Superman, is dat daar kriptoniet is (fiktiewe chemiese stof wat Superman verswak), wat jou krag steel. Hierdie leesplan sal jou help om geestelike "kriptoniet" in jou lewe uit te roei, sodat jy jou Godgegewe potensiaal kan bereik en die lewe sonder enige beperkings kan aangryp.

Reis deur Handelinge in 10 dae
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer
18 Dae
Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.