Paulus en Silas het deur die stede Amfipolis en Apollonië gegaan, en toe het hulle in die stad Tessalonika gekom. Daar was 'n sinagoge van die Jode in Tessalonika. Paulus het na die sinagoge gegaan, hy het dit altyd gedoen. Daar het hy drie weke lank elke Sabbatdag met die Jode gepraat. Hy het in die Ou Testament gelees en hy het dit vir hulle verduidelik. Hy het ook vir hulle verduidelik dat die Christus moes swaarkry en sterf en dat Hy weer moes lewe. Hy het ook gesê: “Ek vertel vir julle van Jesus. Hý is die Christus.” Party van hulle het gedink dit is reg wat Paulus vir hulle gesê het, en hulle het begin glo soos Paulus en Silas glo. Baie van die Grieke wat vir God gerespekteer het, en baie van die belangrike vroue, het ook begin glo in Jesus.
Lees Handelinge 17
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Handelinge 17:1-4
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's