Paulus en Silas het deur Amfipolis en Apollonië gereis en in Tessalonika aangekom, waar daar ’n sinagoge van die Jode was. Soos dit Paulus se gewoonte was, het hy na die sinagogediens gegaan en op drie Sabbatdae na mekaar uit die Skrifte met die Jode geredeneer. Hy het die Skrif verklaar en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dood opstaan. “Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig,” het hy gesê, “Hý is die Messias.” Party van hulle het toe oortuig geraak en by Paulus en Silas aangesluit. ’n Groot aantal Grieke wat die ware God aanbid het, en ’n klomp vooraanstaande vroue het ook nog bygekom.
Lees HANDELINGE 17
Luister na HANDELINGE 17
Deel
Vergelyk alle weergawes: HANDELINGE 17:1-4
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's