Jy moenie skaam wees om vir mense te vertel van ons Here nie. En ook, jy moenie skaam wees oor my wat in die tronk is omdat ek aan die Here behoort nie. Nee, jy moet saam met my swaarkry wanneer jy die goeie boodskap vir mense bring, want God sal vir jou die krag gee om dit te doen. Toe God ons gered en gekies het, het Hy ons gewy om aan Hom te behoort. Hy het dit gedoen, maar nie omdat óns iets gedoen het nie. Nee, Hy het ons gered omdat Hy self besluit het om genadig te wees vir ons. Voordat die tyd begin het, het God besluit dat ons aan Christus Jesus moet behoort.
Lees 2 Timoteus 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Timoteus 1:8-9
5 Days
No matter what circumstances you face, there is power and peace available to you. Rediscover the goodness of God in this 5-day devotional from Life.Church Worship, based on the new album, God So Good.
9 Dae
Die tweede brief aan Timoteus roep God se mense op om vir God se woord te staan, dit te bewaar, te verkondig en, indien nodig, daarvoor te ly. Reis daagliks deur 2 Timoteus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
5 dae
Innerlike krag is net van God afkomstig. Hoe nader ons aan God beweeg, hoe meer sal ons sy krag ervaar wat ons nodig het vir ons alledaagse omstandighede. In hierdie leesplan gaan ons God se waarheid oor ons karakter ontdek en hoe om sterk te staan.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's