2 Timoteus 1:6-11

2 Timoteus 1:6-11 ABA

Daarom sê ek jy moet onthou dat God 'n genadegawe vir jou gegee het. Hy het dit vir jou gegee toe ek my hande op jou gesit het. Jy moet onthou om daardie genadegawe altyd weer lewendig te laat word, soos 'n vuur wat weer lewendig word wanneer jy dit blaas. God het die Heilige Gees vir ons gegee, en daarom is ons nie bang nie. Nee, die Heilige Gees maak ons sterk en help ons om lief te wees vir mense en om reg te besluit wat ons moet doen. Jy moenie skaam wees om vir mense te vertel van ons Here nie. En ook, jy moenie skaam wees oor my wat in die tronk is omdat ek aan die Here behoort nie. Nee, jy moet saam met my swaarkry wanneer jy die goeie boodskap vir mense bring, want God sal vir jou die krag gee om dit te doen. Toe God ons gered en gekies het, het Hy ons gewy om aan Hom te behoort. Hy het dit gedoen, maar nie omdat óns iets gedoen het nie. Nee, Hy het ons gered omdat Hy self besluit het om genadig te wees vir ons. Voordat die tyd begin het, het God besluit dat ons aan Christus Jesus moet behoort. En nou het God dit vir ons gewys sodat ons dit self kon sien. Christus Jesus het gekom, Hy is die Een wat ons red. Hy het die dood heeltemal oorwin toe Hy die goeie boodskap gebring het, die goeie boodskap wat duidelik vir ons wys wat die lewe is wat nooit sal ophou nie. God het my gekies en aangestel om hierdie goeie boodskap te gaan preek en om 'n apostel te wees en vir die gelowiges te leer.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 Timoteus 1:6-11

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid