2 Samuel 12:13-14

2 Samuel 12:13-14 ABA

Dawid het vir Natan gesê: “Ek het sonde gedoen teen die Here.” Natan sê toe vir Dawid: “Die Here het jou sonde vergewe omdat jy dit gesê het. Jy sal nie sterf nie. Maar jy het dieselfde gedoen wat die vyande van die Here doen, jy het gewys dat jy dink die Here is nie belangrik nie. Daarom sal die seun sterf wat vir jou gebore is. Dit is seker.”