Jagasiël was ook daar. Hy was die seun van Sagaria seun van Benaja seun van Jeïel seun van Mattanja. Jagasiël was 'n Leviet van die Asaf-familie. Die Gees van die Here het daar in die vergadering op Jagasiël gekom, en hy het gesê: “Luister, al julle mense van Juda, en julle wat in Jerusalem woon, en koning Josafat. Die Here sê vir julle: Julle moenie bekommerd wees nie, julle moenie bang wees vir hierdie klomp vyande nie, want dit is nie julle oorlog nie, dit is God se oorlog. Julle moet môre afgaan na hulle toe. Hulle kom nou op in die Bloeisel-pas. Julle sal hulle kry by die punt van die vallei langs die kant van die Jeruel-woestyn. Julle sal nie self oorlog maak nie, julle kan net staan en kyk hoe die Here julle red. Mense van Juda en Jerusalem, julle moenie bekommerd wees nie, julle moenie bang wees nie. Gaan môre na hulle toe. Die Here sal by julle wees.” Toe het Josafat gekniel met sy gesig na die grond, en al die mense van Juda en Jerusalem het voor die Here op hulle knieë gestaan en hulle het voor Hom gebuig met hulle gesigte teen die grond. Toe het die Leviete van die Kehat-familie en die Korag-familie opgestaan om die Here, die God van Israel, te prys. Hulle het baie hard gesing.
Lees 2 Kronieke 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Kronieke 20:14-19
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's