2 Kronieke 15:1-7

2 Kronieke 15:1-7 ABA

Daar was 'n profeet Asarja, hy was die seun van Oded. Die Gees van God het op hom gekom, en hy het na koning Asa toe gegaan en vir hom gesê: “Asa en al die mense van Juda en Benjamin, julle moet luister. Die Here sal by julle wees as julle Hom dien. As julle Hom wil dien, dan sal Hy tevrede wees, maar as julle Hom los, dan sal Hy júlle los. Israel het 'n lang tyd nie die ware God gedien nie. Hulle het nie 'n priester gehad wat vir hulle kon leer nie en hulle het nie die wette van God geken nie. Maar wanneer dit sleg gegaan het met hulle, dan het hulle teruggekom na die God van Israel en dan wou hulle Hom dien, en Hy was tevrede. In daardie tyd kon 'n mens nie veilig rondgaan in die land nie, want in al die lande was daar probleme. Volke en stede het mekaar aangeval, want God het hulle bang gemaak en Hy het hulle laat swaarkry. Maar julle, julle moet sterk wees, julle moenie moedeloos wees nie, want julle sal beloning kry vir die dinge wat julle doen.”