1 Timoteus 6:3-10

1 Timoteus 6:3-10 ABA

Daar is vals profete wat vir die gelowiges ander dinge wil leer. Die vals profete glo nie die woorde van ons Here Jesus Christus nie. Hy het vir ons die regte dinge geleer. Die vals profete glo ook nie die mense wat vir ons leer hoe om vir God te dien nie. Die mense wat vir die gelowiges ander dinge wil leer, is hoogmoedig, maar hulle weet niks. Hulle is soos mense wie se gees siek is. Hulle wil altyd met ander mense twis en oor woorde stry. Dan word mense jaloers, hulle stry met mekaar, hulle sê slegte dinge van ander mense en hulle dink slegte dinge van ander mense. Hierdie vals profete hou aan om te stry. Hulle kan nie meer reg dink nie, hulle weet nie meer wat die waarheid is nie. Hulle dink dat hulle ryk sal word as hulle vir God dien. Maar wanneer 'n mens vir God dien en jy is ook tevrede met wat jy het, dan het jy baie. Want ons het niks ingebring in die wêreld nie, en ons kan ook niks uitneem uit die wêreld nie. Daarom moet ons tevrede wees wanneer ons kos en klere het. Wanneer mense baie graag ryk wil word, dan doen hulle maklik sonde. Hulle sit soos 'n voël vas in 'n vangstrik. Hulle is dwase wat dinge wil hê wat nie goed is vir hulle nie. Hulle sterf en is soos 'n skip wat in die water sink, daar bly niks oor van hulle nie. Wanneer mense lief is vir geld, dan doen hulle baie slegte dinge. Mense wat graag baie geld wou hê, het opgehou om in Christus te glo. So het hulle hulleself baie swaar laat kry.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 1 Timoteus 6:3-10