Jy is jonk, maar niemand moet dink daarom is jy nie belangrik nie. Nee, jy moet vir die gelowiges wys hoe hulle moet lewe. Jy moet dit vir hulle wys met wat jy sê en met jou mooi lewe. Jy moet wys dat jy lief is vir mense, en jy moet aanhou glo en jy moet heeltemal reg lewe. Jy moet aanhou om vir die gemeente te lees uit die Bybel. Jy moet aanhou om vir hulle te sê hoe hulle moet lewe en jy moet aanhou om vir hulle te leer. Jy moet dit doen totdat ek kom. Jy moet aanhou om die genadegawe te gebruik wat jy gekry het. Die Here het hierdie genadegawe vir jou gegee. Die profete het dit gesê, en die ouderlinge het hulle hande op jou gesit. Jy moet aanhou om hierdie dinge te doen, jy moet so lewe dat almal kan sien dat jy meer en meer glo.
Lees 1 Timoteus 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Timoteus 4:12-15
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's