Ons het dinge geleer wat pas by die goeie boodskap van God wat Koning is. Ons moet altyd vir God prys. God het die goeie boodskap vir my gegee om vir julle te bring. Ek sê dankie vir Christus Jesus, ons Here, want Hy het vir my die krag gegee om my werk te doen. Ek sê ook vir Hom dankie dat Hy gedink het ek sal doen wat Hy wil hê, dankie dat Hy vir my die werk gegee het om die goeie boodskap te bring. Voordat ek 'n gelowige geword het, het ek slegte dinge gesê van Christus, ek het die mense van sy kerk verdruk en beledig. Maar Christus was genadig vir my, omdat ek daardie dinge gedoen het toe ek nog nie in Hom geglo het nie, ek het nie geweet dat ek verkeerd doen nie.
Lees 1 Timoteus 1
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: 1 Timoteus 1:11-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's