1 Tessalonisense 5:2-6

1 Tessalonisense 5:2-6 ABA

Julle weet baie goed dat die dag van die Here sal kom soos 'n dief in die nag kom. Die mense sal sê: “Daar is nou vrede en ons is veilig,” en dan sal dit skielik baie baie sleg gaan met daardie mense. Dit sal wees soos wanneer 'n vrou 'n baba moet kry, haar pyn kom skielik. Die mense sal glad nie kan wegvlug nie. Maar vriende, julle lewe nie in die donker nie, julle weet hoe julle moet lewe. Julle sal gereed wees wanneer die dag van die Here kom. Dit sal nie soos 'n dief na julle toe kom nie. Julle almal hou van die lig en van die dag. Ons lewe nie soos mense wat hou van die nag en van die donker nie. Daarom moet ons nie slaap soos die mense wat nie in Christus glo nie. Ons moet wees soos mense wat wakker is en nie dronk is nie.