1 Tessalonisense 5:15-18

1 Tessalonisense 5:15-18 ABA

As iemand slegte dinge gedoen het aan jou, dan moet jy nie ook slegte dinge doen aan hom nie. Julle moet keer sodat niemand dit doen nie. Julle moet altyd goeie dinge probeer doen vir mekaar en vir al die mense. Julle moet altyd bly wees. Julle moenie ophou bid nie. Julle moet altyd dankbaar wees, dit maak nie saak wat gebeur nie. Dit is wat God wil hê julle moet doen omdat julle in Christus Jesus glo.