Dawid het in die stad Nob by die priester Agimelek gekom. Agimelek het geskrik toe hy vir Dawid sien. Hy het vir Dawid gevra: “Hoekom is jy alleen? Hoekom is daar niemand saam met jou nie?” Dawid het vir die priester Agimelek gesê: “Die koning het vir my gesê ek moet iets gaan doen. Hy het gesê niemand moet weet waarnatoe hy my stuur en hoekom ek moet gaan nie. Ek het vir my manne gesê waar hulle my moet kry. Maar het jy hier kos vir my? Gee vir my vyf brode of iets anders wat jy het.” Die priester het vir Dawid gesê: “Ek het nie gewone brood nie, hier is net gewyde brood. Maar ek hoop die manne het nie kort gelede seks gehad nie.” Dawid sê toe vir die priester: “Nee, wanneer ons gaan oorlog maak, dan het die manne nooit seks nie. Hulle wapens is ook gewyd. My manne is altyd gewyd wanneer ons saam iets gaan doen. Hierdie is 'n spesiale werk wat ons doen, daarom is hulle nog meer gewyd.” Die priester gee toe vir Dawid van die gewyde brood. Daar was nie ander brood nie, daar was net die offer-brood wat die priester weggeneem het uit die tempel toe hy dit omgeruil het om vars brood daar neer te sit. Een van Saul se amptenare moes daardie dag in die tempel bly. Sy naam was Doëg, en hy was die hoof oor die wagters wat Saul se beeste en skape en bokke moes oppas.
Lees 1 Samuel 21
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Samuel 21:1-7
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's