Toe die koningin van Skeba alles hoor wat hy sê en toe sy alles sien, was sy baie verbaas oor Salomo se wysheid. Sy het die tempel gesien wat hy gebou het, ook die kos op sy tafel en sy amptenare wat by die tafel sit, sy bediendes wat daar staan, die klere wat hulle aangetrek het, die manne wat wyn in die bekers gooi, en die brand-offer wat Salomo by die tempel offer. Sy het vir die koning gesê: “Ek het in my land gehoor van die dinge wat jy alles doen en ek het gehoor van jou wysheid. Dit is alles waar. Ek het dit nie geglo nie, maar nou het ek gekom en ek het dit self gesien. En regtig, ek het nog nie alles gehoor nie, ek het minder as die helfte gehoor. Jy is 'n wyse man. Die mense het vir my vertel dat jy ryk is, maar ek sien nou dat jy baie ryk is. Die manne wat vir jou werk en wat altyd by jou is, is gelukkige mense, want hulle kan luister na die wyse dinge wat jy sê. Ek prys jou God die Here wat so baie van jou hou dat Hy jou koning laat word het oor Israel, Hy is altyd lief vir die volk. Hy het jou koning laat word om reg te doen en regverdig te wees.” Die koningin van Skeba het vir koning Salomo 120 talente goud gegee en baie speserye en edelstene. Daar het nooit weer so baie speserye in die land gekom nie.
Lees 1 Konings 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Konings 10:4-10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's