Vriende, julle moenie luister na mense wat verkeerde dinge vir julle leer nie. Mense wat lewe soos God wil hê, is gehoorsaam aan God, soos Jesus gehoorsaam is aan God. Maar mense wat aanhou om sonde te doen, is kinders van die duiwel, want die duiwel doen van die begin af sonde. Die Seun van God het na die wêreld gekom sodat die duiwel nie sal kan doen wat hy wil doen nie. Mense wat God se kinders is, hou nie aan om sonde te doen nie, want God het die ware lewe in hulle harte laat begin. Hulle kan nie aanhou om sonde te doen nie, want hulle is God se kinders. Hoe weet 'n mens wie is kinders van God en wie is kinders van die duiwel? Kinders van God doen wat God wil hê en hulle is lief vir die ander gelowiges.
Lees 1 Johannes 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Johannes 3:7-10
4 Dae
Dit is een ding om te glo dat Jesus 2 000 jaar gelede as ’n baba aarde toe gekom het. Maar weet jy waarom Hy gekom het? Hierdie 4-dag leesplan ondersoek die Bybelse antwoorde op dié vraag. Jesus se koms het niks te make met ’n sentimentele gevoel rondom vakansiegebeure nie. Dit het ewigheidsimplikasies vir jou lewe en vir die hele wêreld.
27 Dae
Daar is geen middeweg in hierdie eerste brief van Johannes nie - óf ons kies lig óf duisternis, waarheid tot leuens, liefde of haat; ons omhels die een of die ander, net soos ons die Here Jesus Christus óf glo óf verloën. Reis daagliks deur 1 Johannes terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 dae
In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. Hierdie studie ondersoek hoe die liefde van Christus ons nie net verander nie, maar ook die wêreld verander deur ons gehoorsaamheid aan sy opdragte.
25 Dae
Hierdie 25-dag leesplan berei ons harte vir Kersfees voor — spesifiek die boodskap van Kersfees en die rede vir Kersfees — Jesus. Kersfees en die aanloop na Kersfees toe, is 'n wonderlike tyd van die jaar. Daar is opwinding, nostalgie, afwagting en vakansie in die lug. Vir elke kind van God moet hierdie dinge nie ons aandag aflei van die rede en die boodskap van Kersfees nie.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's