1 Johannes 1:5-9

1 Johannes 1:5-9 ABA

Ons vertel vir julle wat ons by Jesus gehoor het. Hy het gesê God is lig en daar is niks donker in Hom nie. As ons sê ons behoort aan God, maar ons lewe in die donker, nie in die lig van God nie, dan lieg ons en dan doen ons nie wat God wil hê nie. Maar as ons in die lig lewe, soos God in die lig is, dan behoort ons aan mekaar. Dan reinig die bloed van Jesus, die Seun van God, ons van al ons sonde. As ons sê ons doen nie sonde nie, dan bedrieg ons onsself en dan aanvaar ons nie die waarheid nie. Maar as ons bely dat ons sonde gedoen het, dan kan ons seker wees dat God sal doen wat Hy belowe het en dat Hy regverdig is. Ja, Hy vergewe ons sondes en Hy reinig ons van alles wat ons verkeerd gedoen het.

Video for 1 Johannes 1:5-9