1 Kronieke 11

11
Die stamme salf vir Dawid om koning te wees
(Ook 2 Sam 5:1-3)
1Die hele Israel het na Dawid toe gekom in die stad Hebron en hulle het vir hom gesê: “Jy weet ons is jou mense. 2Toe Saul nog ons koning was, het jy ook vir Israel in die oorlog gelei, en die Here het vir jou gesê:
“ ‘Jy moet 'n herder wees
vir my volk Israel,
jy moet koning wees
oor my volk Israel.’ ”
3Al die leiers van Israel het na die koning toe gekom in Hebron, en Dawid het met hulle 'n ooreenkoms gemaak by die tempel in Hebron. Hulle het vir Dawid gesalf om koning te wees van Israel. Dit het gebeur soos die Here gesê het toe Hy vir Samuel gestuur het.
Dawid oorwin die stad Jerusalem en hy gaan woon daar
(Ook 2 Sam 5:6-7)
4Dawid en al die manne van Israel het na die stad Jerusalem gegaan. Jerusalem se naam was toe Jebus, die Jebusiete het daar gewoon. 5Die mense van Jebus het vir Dawid gesê: “Jy sal nie hier kan inkom nie.”
Maar Dawid het die stad Sion wat sterk mure gehad het, oorwin, dit is nou die Dawidstad. 6Dawid het gesê: “Die eerste man wat 'n Jebusiet doodslaan, sal die hoof en leier word.”
Joab seun van Seruja het eerste aangeval, en hy het die hoof geword. 7Dawid het gaan woon in die stad wat sterk mure het. Daarom het hulle dit die “Dawidstad” genoem. 8Dawid het nog 'n muur rondom die stad gebou, van die terras en verder af. Joab het die ander mure reggemaak. 9Dawid het 'n belangrike koning geword. Die Here wat oor alles regeer, was by Dawid.
Die spesiale manne van Dawid
(Kyk ook 2 Sam 23:8-39)
10Hier is die name van die hoofde van die spesiale manne van Dawid. Hulle het hom gehelp om 'n belangrike koning te word. Hulle en al die Israeliete het vir Dawid koning gemaak. Dit het gebeur soos die Here gesê het oor Israel. 11Hier is die lys van die name van die spesiale manne van Dawid:
Jasobam van die stad Gakmon was die hoof van die 30 spesiale manne. Hy het 300 manne op een plek doodgemaak met sy spies. 12Ná Jasobam was daar Eleasar seun van Dodo van die stad Agoag. Hy was een van drie spesiale manne. 13Dit is hy wat by Dawid in Pas-Dammim was toe die Filistyne daar bymekaargekom het om oorlog te maak. Daar was 'n stuk grond vol gars. Die manne van Dawid het gevlug vir die Filistyne, 14maar die spesiale manne het op die stuk grond bly staan en hulle het gekeer, die Filistyne kon nie die grond vat nie. Die spesiale manne het die Filistyne oorwin. Die Here het hulle gered en Hy het hulle laat wen teen al die Filistyne.
15Drie van die 30 leiers het afgegaan na die rots by die Adullam-grot. Dawid was toe daar. Die tente van die Filistyne was in Spook-laagte. 16Dawid het daardie tyd weggekruip in 'n veilige plek in die berge, en die Filistyne het manne in die stad Betlehem laat bly om die stad op te pas. 17Dawid het dors geword en gesê: “Ek wens iemand bring vir my water uit die watergat in die poort van Betlehem.” 18Die drie manne het tussen die tente van die Filistyne deurgeloop en hulle het water geskep uit die watergat in die poort van Betlehem. Hulle het dit vir Dawid gebring, maar Dawid wou dit nie drink nie. Hy het dit vir die Here gegee, dit was 'n drank-offer. 19Dawid het gesê: “My God moet keer as ek hierdie water wil drink. As hierdie manne gesterf het toe hulle die water gaan haal het, dan was dit my skuld.”
Dawid wou nie die water drink nie, maar dit is wat die drie manne gedoen het. 20Abisai broer van Joab was die leier van hierdie drie manne. Hy het 300 manne doodgemaak met sy spies. Maar hy was nie een van die eerste drie spesiale manne nie. 21Hy was die belangrikste van die tweede drie spesiale manne en hy was hulle leier, maar hy het nie een van die eerste drie manne geword nie. 22Benaja seun van Jojada van die stad Kabseël was 'n dapper man wat groot dinge gedoen het. Dit is hý wat daardie twee baie sterk manne van Moab oorwin het. En eendag toe dit gesneeu het, het hy afgegaan in 'n gat en hy het 'n leeu doodgemaak. 23Dit is ook hý wat die Egiptenaar oorwin het. Die Egiptenaar was 'n groot man, hy was vyf el lank, en hy het 'n spies in sy hand gehad. Die spies was so groot soos die balk van 'n weefstoel. Maar Benaja het net 'n stok saamgeneem toe hy afgegaan het. Hy het die spies uit die Egiptenaar se hand gevat en hy het die Egiptenaar met sy eie spies doodgemaak. 24Dit is wat Benaja seun van Jojada gedoen het. Die 30 spesiale manne het toe gedink Benaja is baie belangrik. 25Hy was die belangrikste van die 30 manne, maar hy het nie een van die eerste drie manne geword nie. Dawid het hom gekies en aangestel om die hoof te wees van die manne wat die koning moes oppas. 26Die spesiale manne was: Asael broer van Joab, Elganan seun van Dodo van die stad Betlehem, 27 Sammot van die stad Haror, Geles van die stad Pelon, 28Ira seun van Ikkes van die stad Tekoa, Abiëser van die stad Anatot, 29Sibbekai van die stad Gusa, Ilai van die stad Agoag, 30Magri van die stad Netofa, Geled seun van Baäna van die stad Netofa, 31Itai seun van Ribai van die stad Gibea in die land Benjamin, Benaja van die stad Piraton, 32 Gurai van die stad Nagale-Gaäs, Abiël van die stad Bet-Araba, 33Asmawet van die stad Bagurim, Eljagba van die stad Saälbon, 34die seuns van Hasem van die stad Gison, Jonatan seun van Sage van die stad Harar, 35Agiam seun van Sakar van die stad Harar, Elifal seun van Ur, 36Gefer van die stad Mekera, Agija van die stad Pelon, 37 Gesro van die stad Karmel, Naärai seun van Esbai, 38Joël broer van Natan, Mibgar seun van Hagri, 39Selek die Ammoniet, Nagrai van die stad Beërot, Nagrai het die wapens gedra van Joab seun van Seruja, 40Ira en Gareb van die stad Jeter, 41Urija die Hetiet, Sabad seun van Aglai, 42Adina seun van Sisa van die Ruben-stam, Adina was 'n leier van die stam en daar was 30 manne by hom. 43Daar was ook Ganan seun van Maäka, Josafat van die stad Meten, 44Ussia van die stad Astarot, Sama en Jeïel seuns van Gotam van die stad Aroër, 45Jediael seun van Simri, sy broer Joga van die stad Tis, 46Eliël van die stad Magawi, Jeribai en Josauja seuns van Elnaäm, Jitma die Moabiet, 47Eliël, Obed en Jaäsiël van die stad Mesoba.

Tans Gekies:

1 Kronieke 11: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid