Is dit nie dieselfde boodskap wat die HERE jare gelede deur sy profete verkondig het toe Jerusalem en die dorpe van Juda vol mense was en die Suide en die Laeveld bewoon was nie?’” Hierdie boodskap het ook van die HERE na Sagaria gekom: “Dit is wat die HERE, die Almagtige, sê: Oordeel regverdig en eerlik in regsake, wees liefdevol en simpatiek met mekaar. Moenie die weduwees, die weeskinders, die vreemdelinge en die armes verdruk nie. Moenie bose planne teen mekaar beplan nie. “Julle voorouers wou nie na hierdie boodskap luister nie. Hulle het hardkoppig weggedraai en hulle vingers in hulle ore gedruk om nie te hoor nie. Hulle het hulle harte so hard soos klip gemaak sodat hulle nie die voorskrifte of die boodskappe wat die HERE, die Almagtige, deur sy Gees aan hulle deur die profete van vroeër gestuur het, gehoor het nie. Daarom was die HERE, die Almagtige, so kwaad vir hulle. “Omdat hulle nie geluister het toe Ek hulle geroep het nie, sal Ek nie luister wanneer hulle na My roep nie, sê die HERE, die Almagtige. Ek sal hulle met ’n stormwind verstrooi onder ver nasies waar hulle as vreemdelinge sal leef. Hulle land het so verlate geword dat niemand eers daardeur reis nie. Die land wat so mooi was, het ’n woestyn geword.”
Lees SAGARIA 7
Luister na SAGARIA 7
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: SAGARIA 7:7-14
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's