Ek het jou op die eiland Kreta agtergelaat om ons werk daar af te rond en om ouderlinge in elke dorp aan te stel soos ek jou beveel het. ’n Ouderling moet gerespekteer wees vir sy goeie lewe. Hy moet getrou wees aan sy vrou, en sy kinders moet gelowiges wees wat nie wild of opstandig is nie. As bestuurder van God se huishouding moet ’n ouderling ’n onberispelike lewe lei. Hy moenie arrogant of humeurig wees nie; hy moet hom ook nie aan drank vergryp of gewelddadig of geldgierig wees nie. Hy moet gasvry wees en alles wat goed is, liefhê. Hy moet met wysheid lewe en regverdig wees. Hy moet ’n toegewyde en gedissiplineerde lewe lei. Hy moet ’n sterk en standvastige geloof hê in die betroubare boodskap wat hy geleer is; dan sal hy in staat wees om ander met die gesonde onderrig te bemoedig en dié wat dit teenstaan, te wys waar hulle verkeerd is.
Lees TITUS 1
Luister na TITUS 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: TITUS 1:5-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's