Die mense wat deur hulle sondige natuur gedomineer word – hulle gedagtes word oorheers deur sondige dinge. Maar dié wat deur die Gees beheer word – hulle gedagtes is vol van die dinge wat die Gees gelukkig maak. As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede. Want die sondige natuur is altyd vyandig ingestel teenoor God. Dit rebelleer teen God se wet, want dit is in sy aard. Dit is waarom die mense wat deur hulle sondige natuur beheer word, God nooit gelukkig kan maak nie. Maar julle word nie deur julle sondige natuur beheer nie. Julle word beheer deur die Gees omdat die Gees van God in julle woon. Onthou, iemand wat nie die Gees van Christus het nie, is nie een van sy mense nie! As Christus in julle lewe, is julle liggame wel nog as gevolg van die sonde aan die dood onderhewig, maar julle gees leef omdat julle saak met God reggemaak is. Omdat die Gees van die God wat Jesus uit die dood opgewek het in julle woon, sal Hy wat Christus uit die dood opgewek het, ook julle dooie liggame weer lewendig maak deur dieselfde Gees wat in julle woon. Daarom dan, my broers en susters, is dit noodsaaklik dat ons die druk van ons sondige natuur sal weerstaan en nie daarvolgens sal lewe nie. Want as die sondige natuur julle lewe beheer, gaan julle die dood tegemoet. Maar as julle deur die Gees die werke van julle sondige natuur doodmaak, sal julle werklik lewe. Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders. Die gees wat julle ontvang het, is nie ’n gees wat weer van julle vreesbevange slawe maak nie. Julle het die Gees van ware kindwees ontvang en deur hierdie Gees roep julle uit tot God: Abba – ons Vader. Want die Gees self bevestig teenoor ons eie gees dat ons God se kinders is. En as ons God se kinders is, maak Hy ons ook sy erfgename. Saam met Christus deel ons in God se rykdom. As ons bereid is om saam met Christus te ly, sal ons sekerlik ook deel in sy heerlikheid.
Lees ROMEINE 8
Luister na ROMEINE 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: ROMEINE 8:5-17
3 Days
Your thoughts can hold you back, push you down, and feed you lies. But they can also lift you up! So, Craig Groeschel, senior pastor of Life.Church, wrote down some truths he reads every day. Start reading to see how these words changed everything for him, and find three simple steps to discovering your own Words to Live By.
4 Days
Optimism doesn’t depend on what we see—it stems from what God says. This four-day Bible Plan from Life.Church unwraps eight reasons from Romans 8 to remain unwaveringly optimistic. Start reading part one of the six-part Stay Positive series.
5 Dias
Do you feel like a victim to your spiraling thoughts? Do you often fall prey to toxic thinking patterns like victimhood, anxiety, and distraction? The enemy of our souls is determined to make us feel helpless, overwhelmed, and incapable of making a difference for God’s kingdom. It doesn’t have to be that way! Get out of your head and into God’s promises in this five-day, thought-changing devotional from Jennie Allen.
5 Days
With eight billion people living in the world, there’s no one who will completely agree with you on everything. Our viewpoint on social injustices, politics, current events, and religion is uniquely ours. But even in our differences, we can and should find common ground. In this 5-day Plan, you’ll learn how to love, respect, and empathize with people by speaking truth with grace and gentleness.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's