Vir hulle wat aan Christus Jesus verbind is, is die oordeel nou heeltemal weggeneem. Die lewegewende Gees is so magtig dat Hy jou deur Christus Jesus bevry het van die greep van die sonde wat uitloop op die dood. Die wet van Moses kon ons as gevolg van ons sondige natuur nie verlos nie. Daarom het God sy eie Seun met ’n menslike natuur soos ons sondige menslike natuur na ons toe gestuur om as offer vir ons sonde te dien. Daarmee het Hy afgereken met die sonde in ons menslike bestaan, sodat ons kan voldoen aan die vereiste van die wet – ons wat nou nie meer volgens ons sondige natuur lewe nie, maar volgens die Gees. Die mense wat deur hulle sondige natuur gedomineer word – hulle gedagtes word oorheers deur sondige dinge. Maar dié wat deur die Gees beheer word – hulle gedagtes is vol van die dinge wat die Gees gelukkig maak. As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede. Want die sondige natuur is altyd vyandig ingestel teenoor God. Dit rebelleer teen God se wet, want dit is in sy aard. Dit is waarom die mense wat deur hulle sondige natuur beheer word, God nooit gelukkig kan maak nie. Maar julle word nie deur julle sondige natuur beheer nie. Julle word beheer deur die Gees omdat die Gees van God in julle woon. Onthou, iemand wat nie die Gees van Christus het nie, is nie een van sy mense nie! As Christus in julle lewe, is julle liggame wel nog as gevolg van die sonde aan die dood onderhewig, maar julle gees leef omdat julle saak met God reggemaak is. Omdat die Gees van die God wat Jesus uit die dood opgewek het in julle woon, sal Hy wat Christus uit die dood opgewek het, ook julle dooie liggame weer lewendig maak deur dieselfde Gees wat in julle woon. Daarom dan, my broers en susters, is dit noodsaaklik dat ons die druk van ons sondige natuur sal weerstaan en nie daarvolgens sal lewe nie. Want as die sondige natuur julle lewe beheer, gaan julle die dood tegemoet. Maar as julle deur die Gees die werke van julle sondige natuur doodmaak, sal julle werklik lewe. Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders.
Lees ROMEINE 8
Luister na ROMEINE 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: ROMEINE 8:1-14
4 Days
Optimism doesn’t depend on what we see—it stems from what God says. This four-day Bible Plan from Life.Church unwraps eight reasons from Romans 8 to remain unwaveringly optimistic. Start reading part one of the six-part Stay Positive series.
5 Dias
Do you feel like a victim to your spiraling thoughts? Do you often fall prey to toxic thinking patterns like victimhood, anxiety, and distraction? The enemy of our souls is determined to make us feel helpless, overwhelmed, and incapable of making a difference for God’s kingdom. It doesn’t have to be that way! Get out of your head and into God’s promises in this five-day, thought-changing devotional from Jennie Allen.
5 Days
Vance K. Jackson leads readers in this powerful and liberating devotional. Choose to Love. Choose to Love in times of chaos. Choose to Love in times of turmoil. Choose to Love when it’s inconvenient. Love when it’s not expedient. Choose to reflect the Love of Christ at all times. Let Christ lead and soften your heart as you read this rich and life-transforming message.
Prayer can sometimes seem lonely. Often, in prayer, I try to quiet my heart and soul, and my mind races everywhere. Sometimes I just fall asleep. There are times when it feels like my prayers bounce off the ceiling. What we often don’t realize, however, is that the Lord offers us good news right in these places. Let’s spend some time considering the good news about prayer.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's