PSALMS 9:13-20

PSALMS 9:13-20 NLV

Want Hy wat bloedvergieting wreek, gee om vir hulpelose mense. Hulle wat tot Hom roep in nood, dié vergeet Hy nie. HERE, wees my genadig. Kyk na die ellende wat haters my aangedoen het! Ruk my uit die poorte van die dood sodat ek u dade bekend kan maak, U kan prys in die poorte van Sion, en kan jubel omdat U my gered het. Die nasies het geval in die gat wat hulle gegrawe het. Hulle voete is in hulle eie net gevang. Die HERE is bekend vir sy regverdige oordeel. Die goddeloses is gevang met hulle eie handewerk. Higgajon Sela Die goddeloses is op pad na die graf soos al die nasies wat God vergeet. Want die behoeftiges word nie vir altyd vergeet nie, en die hoop van die armes sal nie vir altyd vernietig word nie. Staan tog op, HERE! Moenie dat mense U teëstaan nie! Laat die nasies voor U teregstaan.