PSALMS 84:1-12

PSALMS 84:1-12 NLV

Hoe lief het ek u woonplek, o HERE, die Almagtige! HERE, ek verlang, ek hunker na u woning. Met my hele wese, liggaam en gees, wil ek jubel oor die lewende God. Selfs ’n mossie kry hier ’n plek, en die swaeltjie bou haar nes en maak haar kleintjies groot naby u altare, HERE, die Almagtige, my Koning en my God! Gelukkig is hulle wat in u huis woon, waar hulle U deurentyd kan loof. Sela Gelukkig is hulle wie se krag van U kom, wat hulle harte rig op ’n pelgrimstog. Gaan hulle deur ’n droë vallei, word dit omskep tot ’n fonteinedal. Vroeë reëns bring vir hulle seëninge. Hulle kragte sal vermeerder tot hulle in Sion voor God verskyn. HERE God, die Almagtige, luister na my gebed. Luister, o God van Jakob! Sela O God, ons beskermer, kyk tog, betoon genade aan u gesalfde! Een dag in u tempel is beter as duisend elders! Ek staan liewer by die drumpel van die huis van my God as dat ek woon in huise van goddeloses. ’n Son en skild is die HERE God. Die HERE gee genade en eer. Hy sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 84:1-12