PSALMS 27:11-14

PSALMS 27:11-14 NLV

Leer my hoe om te lewe, HERE. Lei my op ’n gelyke pad, want my vyande wag my in. Moenie my oorgee in die hande van my vyande nie. Hulle bring vals getuies teen my en hulle blaas geweld aan teen my. Tog is ek daarvan oortuig: Die HERE se goedheid sal ek sien hier in die land van die lewendes. Vertrou op die HERE! Wees sterk en skep moed! Ja, vertrou op die HERE!

Video for PSALMS 27:11-14

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 27:11-14