Hy maak my voete soos dié van ’n wildsbok, op hoë plekke laat Hy my veilig staan. Hy oefen my hande vir die geveg, my arms om ’n bronsboog te trek. U redding is vir my ’n skild. U regterhand ondersteun my; u hulp maak my sterk. Die pad onder my maak U breed, en my enkels swik nie. Ek het my vyande agtervolg en ingehaal; ek het nie omgedraai voordat hulle almal uitgewis was nie. Ek het hulle oorrompel en neergeslaan, hulle kon nie opstaan nie; hulle het voor my voete geval. U het my met krag toegerus vir die stryd, en my teenstanders aan my onderwerp. My vyande het U voor my laat vlug; my haters het ek uitgewis. Hulle roep om hulp, maar niemand kom help nie; selfs tot die HERE, maar Hy antwoord hulle nie. Ek maal hulle fyn soos die stof van die aarde, soos modder op straat vermorsel ek hulle. In die stryd met teenstanders het U my verlos, my aangestel as koning oor nasies. ’n Volk wat ek nie geken het nie, dien my nou. Uitlanders word my onderdane. As hulle van my hoor, gehoorsaam hulle my.
Lees PSALMS 18
Luister na PSALMS 18
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: PSALMS 18:34-45
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's