PSALMS 116:1-12

PSALMS 116:1-12 NLV

Ek het die HERE lief, want Hy antwoord my smeekgebed. Omdat Hy na my geluister het, sal ek Hom aanroep solank ek lewe. Bande van die dood het my omring, angs van die doderyk het my oorval. Vrees en verdriet het my oorweldig. Toe roep ek die HERE se Naam aan: “HERE, red my tog!” Die HERE is genadig en regverdig. Ons God bewys barmhartigheid. Die HERE beskerm die eenvoudiges. Ek was in nood, maar Hy het my gered. Nou kan ek weer gerus wees, want die HERE was goed vir my. U het my van die dood gered, my oë van trane bevry, my voete van struikeling weerhou. Daarom wandel ek voor die HERE in die land van die lewendes. Ek het geglo toe ek gesê het: “Ek is in groot ellende.” In my angs het ek uitgeroep: “Alle mense is leuenaars!” Hoe kan ek die HERE vergeld vir al sy goeie dade aan my?