PSALMS 104:24-32

PSALMS 104:24-32 NLV

HERE, hoe baie is u werke! U het alles met wysheid gemaak. Die aarde is vol van u skepsels. Daar is die oseaan, groot en wyd. Dit wemel van diere, lewende wesens, groot en klein. Daar is die skepe wat oral rondvaar; en ook die Leviatan, wat U gemaak het om mee te speel. Elkeen van hulle reken op U om kos te gee volgens behoefte. U gee vir hulle, hulle versamel dit. U maak u hand oop, met die goeie word hulle versadig. As U U onttrek, is hulle verskrik. Neem U hulle asem weg, dan sterf hulle en word weer stof. U stuur u lewensasem, en lewe word geskep. Uit die grond laat U nuwe lewe spruit. Mag die heerlikheid van die HERE vir altyd duur! Mag die HERE Hom verheug in al sy werke! Hy kyk na die aarde, en dit skud; Hy raak aan die berge, en dit brand.