Die woorde van koning Lemuel van Massa. ’n Uitspraak, wat sy ma vir hom geleer het: My seun, my kind wat ek in die wêreld gebring het, oor wie ek ’n gelofte afgelê het, jy moenie jou lewe op vroue verspil nie. Moenie jou lewe deurbring met hulle wat konings laat struikel nie. Lemuel, dit pas beslis nie by konings om te veel wyn te drink nie. Dit pas nie regeerders om hulle aan drank oor te gee nie. Wanneer hulle gedrink het, vergeet hulle die wet en laat hulle nie reg geskied aan al hulle arm onderdane nie. Gee sterk drank vir hulle wat besig is om dood te gaan. Laat hulle wat terneergedruk is, wyn drink. Laat hulle drink om te vergeet hoe arm hulle is. Laat hulle vergeet van hulle sorge. Praat namens hulle wat nie self kan praat nie. Verseker dat daar reg geskied aan hulle wat hulpeloos is. Maak oop jou mond en lewer regverdige uitsprake. Laat reg geskied aan armes en ellendiges.
Lees SPREUKE 31
Luister na SPREUKE 31
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 31:1-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's