My seun, moenie takt en oorleg uit die oog verloor nie. Hou altyd daaraan vas. Dit sal jou lewe verryk en eer en agting vir jou bring. Jou pad sal veilig wees. Jy sal nie struikel nie. Jy sal kan gaan slaap sonder om bang te wees. Jy sal rustig kan bly slaap. Jy hoef nie bang te wees dat teëspoed jou skielik sal tref nie. Die rampe vir slegte mense bedoel, sal nie oor jou kom nie. Die HERE is jou beskermer. Hy sal sorg dat jy nie in ’n strik trap nie.
Lees SPREUKE 3
Luister na SPREUKE 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 3:21-26
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's