SPREUKE 17:9-11

SPREUKE 17:9-11 NLV

Iemand wat stilbly oor onreg teenoor hom, bevorder liefde tussen mense. Om gedurig daaroor te praat, dryf vriende uitmekaar. Een teregwysing bereik meer by ’n verstandige mens as 100 houe oor die rug van ’n dwaas. Hulle wat daarop uit is om kwaad te doen, veroorsaak rebellie. Hulle sal genadeloos gestraf word.