Die genade en die vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus sal met julle wees. Elke keer as ek aan julle dink, dank ek God. Ek bid altyd in al my gebede met blydskap vir julle almal omdat julle, van die eerste dag wat julle die Goeie Nuus gehoor het, tot vandag toe saamgewerk het om dit verder uit te dra. Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom. Dit is vanselfsprekend dat ek so oor julle almal voel omdat julle my na aan die hart lê. Julle almal deel saam met my in God se genade – wanneer ek in die tronk sit én wanneer ek die waarheid van die Goeie Nuus verdedig en bevestig. God kan getuig hoe ek na julle almal verlang. Ek gee vir julle om met die liefdevolle deernis van Christus Jesus! Ek bid dat julle liefde vir mekaar meer en meer sal word deurdat julle ’n al beter begrip en ’n fyn aanvoeling ontwikkel. Dit sal julle in staat stel om dié dinge te onderskei wat regtig saak maak. Dit sal julle ook help om skoon en onberispelik te lewe tot op die dag wanneer Christus terugkom. Dan sal julle hele lewe vol wees van die goeie gevolge van julle gehoorsaamheid aan die wil van God – goeie gevolge wat Jesus Christus bewerk het. God sal daarvoor geëer en geprys word!
Lees FILIPPENSE 1
Luister na FILIPPENSE 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: FILIPPENSE 1:2-11
5 Days
If you were sitting in a prison--a dungeon--charged with a crime that you did not commit, what would you put in a letter to your friends? Paul's letter to the Philippian church reveals a man filled with joy--even while sitting in a Roman prison. Philippians is a powerhouse of courage and joy in the face of hard trials. Join Kris Langham as he guides you through the book of Philippians.
5 dae
Die dagstukkies in hierdie 5-dag-leesplan is geskryf uit ’n plek van persoonlike soeke en ontdekking, en sal jou help om ’n rustiger en betekenisvolle lewe te vind. Elke dag se teks sluit ’n Bybelvers, ’n oordenking, en ’n uitnodiging in om met God te gesels of iets prakties om te doen. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Trevor Hudson se boek: “Leef! Een dag op ’n keer”.
7 Days
How do we respond when life doesn’t go as we planned or when we take a detour? When we’re experiencing change, it’s easy to be overwhelmed with feelings of confusion, anger, and disappointment. But God has something better for us. Learn how you can start embracing change, even in the middle of the messy process.
14 Days
This plan examines Paul's letter of hope and encouragement for the times of persecution and distress he and the Philippians faced.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's