Verskriklike dinge lê in die vooruitsig vir julle wat snags op julle beddens lê en bose planne bedink. Vroegoggend staan julle op en voer dit uit omdat julle die mag het om dit te doen. As julle ’n stuk grond wil hê, lê julle beslag daarop. As julle iemand se huis wil hê, vat julle dit van hulle af. Nie eers iemand se familie of erfgrond is veilig nie! Maar die HERE sê: “Ek sal kwaad met kwaad vergeld. Daar is nie ’n kans dat julle sal ontsnap nie! Julle gaan ’n slegte tyd beleef, niks gaan oorbly van julle trots nie.” Daardie dag sal julle vyande met julle spot. Hulle sal ’n treurlied sing en sê: “Dit is verby met ons, ons is heeltemal geruïneer! God het ons land van ons af weggevat. Hy het dit verdeel onder die mense wat ons verraai het.” Wanneer die land verdeel word, sal die HERE se mense geen sê hê nie. Ander mense sal julle grense vasstel.
Lees MIGA 2
Luister na MIGA 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: MIGA 2:1-5
29 Dae
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's