MATTEUS 14:28-31

MATTEUS 14:28-31 NLV

Petrus sê toe vir Hom: “Here, as dit regtig U is, laat my dan op die water na U toe kom.” “Kom dan,” het Jesus gesê. Petrus klim toe oor die kant van die skuit en begin op die water na Jesus toe loop. Maar toe hy die hoë golwe rondom hom sien, het hy paniekerig geword en begin sink. Hy skree toe vir Jesus: “Here, red my!” Jesus het onmiddellik sy hand uitgesteek en hom ge-gryp. “Jou geloof is maar bitter klein,” sê Hy vir hom. “Waarom vertrou jy My nie?”