MALEAGI 2:13-16

MALEAGI 2:13-16 NLV

Daar is nog iets wat julle doen. Julle stort trane by die HERE se altaar. Julle huil en kerm, maar Hy aanvaar nie julle offers met goeie guns nie. Julle roep uit: “Hoekom nie?” Dis omdat die HERE ’n getuie was toe jy en jou vrou julle beloftes aan mekaar gemaak het. Maar jy was ontrou aan haar ten spyte daarvan dat sy getrou as jou metgesel gebly het, die vrou aan wie jy jou huweliksbeloftes gemaak het. Het die HERE dan nie man en vrou een gemaak nie, een in liggaam en gees? Hoekom het Hy hulle een gemaak? Omdat God wou hê daar moet kinders vir Hom voortspruit. Wees op julle hoede. Moenie ontrou wees aan die vrou van jou jeug nie. Die HERE, die God van Israel, sê: “Ek haat egskeiding! Om te skei is net so gewelddadig soos om ’n slagoffer se bebloede baadjie aan te trek.” Die HERE, die Almagtige, sê: “Wees verantwoordelik en moenie ontrou wees nie!”

Gratis leesplanne en oordenkings oor MALEAGI 2:13-16

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid